Boek: Kweek kinders met heel harte

Hettie_Kweek-heel-harte.jpgHettie Brittz

Kweek kinders met heel harte is ’n praktiese gids om jou kind reg groot te kry in vandag se tye – na siel en gees. Ouerskapkenner Hettie Brittz kyk indringend na kwessies soos die versorging van jou kind se liggaam, siel en gees, selfbeeldontwikkeling, die kweking van goeie karakter, die afleer van slegte gewoontes en die hantering van swak karaktereienskappe.

Ouers staan vandag, met die werklikheid van sosiale media en die internet, voor groter uitdagings as ooit. Hettie verduidelik hoe ons, terwyl ons ons kinders beskerm teen die dinge waarvoor hulle nog nie gereed is nie, hulle ook weerbaar kan maak teen seerkry en gevare. Met liefde en begrip kan ons ons kinders se selfbeeld, emosionele intelligensie en goeie karakter help bou. Kweek kinders met heel harte is ’n praktiese en inspirerende gids vir dié groot taak.

Oor die outeur:

Hettie Brittz is ’n bekende in ouerskapkringe. Sy skryf wyd oor ouerskap, kinders en gesinsverhoudings. Sy het bekendheid verwerf vir haar boomsoortprofiele. Sy is getroud met die gospelsanger Louis Brittz.

Uitgewer: Lux Verbi
Prys: R180*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.