Jimi le Roux
Jimi le Roux neem jongmense in Kwelvrae wat tieners vra terug na die Bybel vir antwoorde op húlle vra. Die boekie bevat 82 vrae wat Jimi onder tieners bymekaar gemaak het.
Vrae wat in hierdie boek behandel word, sluit in:
- Hoekom verskil mense so erg oor die Bybel?
- Wie is nou reg oor die skepping: Die Bybel of die wetenskap?
- Wie het God gemaak? Hoe het Hy ontstaan?
- Wat word van mense wat sterf sonder dat hulle van Christus gehoor het?
- Is daar werklik engele? Wat doen hulle?
- Wat gebeur met mense ná hul dood?
- Hoe weet ek dis God wat met my praat?
Kwelvrae wat tieners vra is die ideale beginpunt waar tieners kan begin soek na antwoorde.
Oor die outeur
Jimi le Roux is ’n lewens- en geestelike begeleier. Terwyl hy sy ordinasie by die kerk behou, is hy in die bevoorregte posisie om voltyds te doen wat in sy hart is: geestelike leiding te gee deur oordenkings, kursusse, coaching-programme asook prediking, lering en konsultasie aan gemeentes. Hy is ook voltyds betrokke by internetbediening. Jimi het ’n MA in Bybelkunde en ’n honneursgraad in sielkunde, hy is ook ’n geakkrediteerde dosent aan die CGTS en bied vakke tot op honneursvlak aan in praktiese teologie.