Met hierdie unieke boek vertel Nataniël die verhaal van ’n kindertyd in drie klein dorpies en een groot voorstad, ’n era waartydens reëls blindelings gevolg is en oor ’n jong seun met ’n oorweldigende vrees vir die gewone.
Kyk na my is Nataniël se eerste volwaardige memoir.
Oor die outeur:
Sedert sy solo-debuut het Nataniël reeds meer as 70 oorspronklike verhoogproduksies aangebied, 15 albums en 5 DVD’s vrygestel en 16 boeke gepubliseer. Hy is hoof van sy produksie-maatskappy Nataniël House of Music, asook Kaalkop Studio. Hy is ook die hoof van die liefdadigheidsorganisasie, The Nataniël Progress Project.
Uitgewer: Tafelberg
Prys: R280-00*
*Prys onderhewig aan verandering
Koop die boek by Graffiti Boeke
Gepaste buiteblad….verseker is Nataniel King of all Kings. Uitsonderlike kunstenaar.