Janosch
Tiertjie en Beertjie is beste vriende. Hulle beleef allerhande wonderlike avonture saam. En hulle is vir niks bang nie, want saam is hulle sterker as enigiets op aarde. “As mens ’n vriend het, hoef mens vir niks op aarde bang te wees nie!”
Maar wanneer daar eendag ’n krat uit die rivier spoel, met “Panama” op geskryf, gaan die twee op reis na die land van hul drome. Saam pak hulle allerhande avonture aan: hulle gaan op ’n skattejag, vind die posdiens uit, hou groot partytjies en arme Tier beland selfs in die dierehospitaal. Hierdie bundel bevat ses van die welbekende Duitse skrywer se tydlose Ben en Tiertjie-stories.
Oor die outeur
Janosch (Horst Eckert) is in 1931 in Hindenburg (nou Zarbze), Duitsland, gebore. Hy is een van die bekendste skrywer en illustreerder van Duitse kinderboeke. In die 1950’s het hy by ’n tekstielfabriek patrone geteken en daarvolgens kuns gaan studeer. Teen 1980 het hy oor die 100 kinderboeke in 30 tale gepubliseer en pryse gewen, waaronder die Duitse Jeugliteratuurprys en die Zilveren Griffel.
Uitgewer: Protea Boekhuis
Prys: R275,00*
*Prys onderhewig aan verandering