Boek: ‘LA, ’n reis na die Lig’ – Ansja Ferreira

Ansja Ferreira

13 Augustus 2017. Ansja vat haar twee dogtertjies kerk toe. Heeldag het sy ʼn naar gevoel op die krop van haar maag, asof iemand haar wind uitgeskop het. Sy hou by ʼn stopstraat naby hul huis stil en toe sy begin draai, jaag ʼn motor in hulle vas. Haar jongste dogtertjie, Larissa, se kop word met die impak vergruis. Met bomenslike krag sleep sy Larissa uit die kar. Dan verloor sy haar bewussyn en sien van bo haarself en haar kinders op die sypaadjie lê. Alles word lig. Daar is lieflike musiek en reënboogkleure. Vrede en liefde heers en niks maak meer saak nie. Sy dryf weg. Maar dan hoor sy haar oudste dogtertjie na haar roep. En sy moet terugkeer. Na die pyn van ʼn gebreekte lyf en gebroke hart. Hoe hervat sy haar lewe?

Oor die skrywer

Ansja Ferreira is ’n joernalis en spesialis in openbare betrekkinge. Sy het lank in die finansiële diensteveld gewerk. Sy het ’n honneursgraad in kommunikasiekunde by die Universiteit van die Vrystaat verwerf en ‘n meestersgraad in kreatiewe skryfwerk onder Henning Pieters, waarvoor hierdie manuskrip ingedien is.

Prys: R240,00*
*Prys onderworpe aan verandering
Koop die boek en e-boek by
Protea Boekhuis

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.