Boek: Lafras Cuyper en die Hirondelle

Lafras-Cuyper-en-die-Hirondelle-3-voorblad.jpgKarl Kielblock

Karl Kielblock het verskeie boeke geskryf, waaronder die Lafras Cuyper-reeks baie bekend is en wyd versamel word. Dit handel oor seeavonture in diens van twee oorlogvoerende moondhede vroeg in die 19de eeu. Hierdie is die derde boek in dié reeks. Die boeke is propvol opwinding, spanning en avontuur!

Tydens die Napoleontiese oorloë word Lafras gevra om ʼn Franse gesant na Indië te neem aan boord sy korvet, Hirondelle.

Die verhaal van Lafras Cuyper is op feite gebaseer.

Oor die outeur

Karl Kielblock is ʼn bekende skrywer en selfs ná sy afsterwe bly sy boeke onweerstaanbaar. In 1936 verskyn sy eerste boek Die skat van Java.  Sedertdien het daar verskeie romanse, speur- en spanningsverhale asook verskeie jeugverhale die lig gesien. In 1970 ontvang Kielblock die Scheepersprys vir die boek Rebel.

Uitgewer: Protea Boekhuis
Prys: R170.00*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.