Boek: ‘Lampie’ – Annet Schaap

Annet Schaap

Lampie handel oor geheimsinnige seebewoners en rowwe seerowers. Oor die Swart Huis van die admiraal, waar daar glo ’n monster woon. Oor ’n grys vuurtoring op ’n eiland, wat nog net-net aan die vasteland vassit. Oor Lampie, die vuurtoringwagter se dogter, wat elke aand die een-en-sestig trappies uitklim om die lig aan te steek. Oor ’n stormagtige aand, wanneer die vuurhoutjies op is en alles skeefloop. Maar veral oor dapperheid en hoe jy meer kan regkry as wat jy ooit gedink het.

Lampie is deur Annet Schaap geskryf en geïllustreer en dit is deur Zandra Bezuidenhout uit Nederlands vertaal. Lampie is in 2018 met die Nederlandse Kinderjurieprys bekroon.

Oor die skrywer en illustreerder

Schaap is veral bekend vir die kinderboekillustrasies van meer as 200 kinderboeke. Dit sluit titels van kinderboekskrywers soos Francine OomenJacques VriensMieke van HooftThea Dubelaar en Janneke Schotveld in.

Sy het haar skryfdebuut in 2017 gemaak met die kinderboek Lampje, waarvoor sy die Nienke van Hichtum-prys ontvang het. Dit is die eerste keer dat hierdie prys aan ’n debuutwerk toegeken is. Lampje word vervolgens ook in 2018 bekroon met die Gouden Griffel en die Kinderjurieprys in Nederland, asook die Boekenleeuw in België.

Oor die vertaler

Bezuidenhout het in 2005 ’n doktorsgraad in eietydse poësie van Afrikaans- en Nederlandstalige vroue behaal. Sy werk onder meer as vertaler, onderwyser en deeltydse dosent, en tans as vryskuttaalpraktisyn. Haar debuutbundel Dansmusieke (2000) is met die Ingrid Jonkerprys bekroon en die tweede bundel Aardling het in 2006 by Protea Boekhuis verskyn.

Prys: R295,00*
*Prys onderworpe aan verandering
Koop die boek by
Graffiti Boeke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.