Boek: Land van skedels

Land-van-skedels-voorblad.jpgNicola Hanekom

Die drama fokus op die ervaring van vroue in konsentrasiekampe tydens die Anglo-Boereoorlog en het verskeie toekennings ontvang, onder andere die Fiësta vir teaterontwerp en beste nuwe Afrikaanse produksie.

Oor die outeur

Nicola het haar Diploma in Drama aan die Universiteit Kaapstad ontvang en beskou haarself meer as ‘n aktrise as ‘n skrywer. Hoogtepunte in haar loopbaan is haar vertolking van Ingrid Jonker in ‘Altyd Jonker’ en haar vertolking van Beatrice in die film ‘ Faan se Trein’.  Op die kassie was Nicola al te sien in baie reekse. Sy wen ‘n Fleur du Cap– toekenning en ‘n Standard Bank Golden Ovation toekenning vir haar spel in haar eenvrouvertoning ‘Hol’.  Vir haar trilogie van plekspesifieke teater (‘ Betésda’, ‘Lot’ en ‘Babbel’) ontvang sy altesaam elf Kanna-toekennings en vier Fiësta-toekennings. Sy het reeds ook twee ATKV- Woordveertjies ontvang vir Beste Dramateks vir ‘Babbel’ en ‘Trippie’.

Uitgewer: Protea Boekhuis
Prys: R150.00*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.