Boek: Landbouweekblad Hart tot hart

Kobus van der Westhuyzen

Vir die afgelope 49 jaar skryf ds. Kobus van der Westhuyzen al die Hart tot hart-rubriek vir Landbouweekblad. Dit is die rubriek wat die langste ononderbroke verskyn in die geskiedenis van die Media24-stal.

Ds. Van der Westhuyzen skryf in gewone taal vir gewone mense. Hy verstaan die hart van ’n boer en weet dat boere uitgelewer is aan die nukke en grille van die natuur waaroor hulle geen beheer het nie.

Vir hierdie boek het Van der Westhuyzen 366 paslike stukkies met die hand uitgesoek.

Oor die skrywer

Ds Kobus van der Westhuyzen behartig al byna 50 jaar reeds die rubriek Hart tot hart in die Landbouweekblad. Verskeie publikasies verskyn vanuit sy pen, waaronder die Bybelse dagboek vir boere en natuurmense, ‘n Aarde nuut en vry. Ds Kobus is getroud met Anina en hulle het twee seuns, ‘n dogter en sewe kleinkinders.

Uitgewer: Lux Verbi
Prys: R250-00*
*Prys onderhewig aan verandering
Koop die boek by Graffiti Boeke

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.