Boek: Lang pad onnetoe

Jason Reynolds

Will is vyftien jaar oud. Hy het ʼn pistool. Sy broer Shawn is pas vermoor. Will ken die reëls. Jy huil nie. Jy dra nie stories aan nie. Jy neem wraak. Dit is waarheen Will op pad is, met die pistool agter by sy broek ingedruk, die pistool wat sy broer s’n was. Hy klim in die hysbak, sewende vloer, vasbeslote. Hy weet wie se bloed hy soek.

Wag: weet hy regtig?

Die hele pad ondertoe, terwyl die hysbak op elke vloer stilhou, klim verskillende mense, wat elkeen iets met die geweld in sy buurt te doen het, in die hysbak. Elkeen van hulle vertel vir Will dele van ʼn groter storie as die een wat hy dink hy ken…

Hierdie woedende, verbluffend briljante jeugroman word in kort, vurige staccato versvorm vertel om ʼn rou, eerlike blik op vuurwapengeweld te bied, soos net Jason Reynolds dit kan doen. Dit is vertaal in Afrikaans deur die bekroonde skrywer en digter Nathan Trantraal, wat dit vir Suid-Afrikaanse lesers soveel meer aktueel en herkenbaar, soos vanoggend se koerantopskrifte, maak.

Uitgewer: Lapa Uitgewers
Prys: R180,00*
*Prys onderhewig aan verandering
Koop die boek by Graffiti Boeke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.