Boek: Lea lief apies – Grypdiewe en gevaar

Cecilia Steyn

Lea se ma is ’n veearts en haar pa is ’n diereregteaktivis en joernalis. Om diere te red is in haar bloed.

Lea en haar klasmaats is op pad na ’n primaatskuiling om vir ’n paar dae as vrywilligers te werk. Sy kan nie wag nie, maar ’n paar van die seuns het heeltemal die verkeerde idee en dink sowaar die apies is troeteldiere!

Boonop dwing Suna en Mpho vir Lea, Hazel en Nikita om al hulle werk ook te doen en hulle moet ’n kamer deel. Glad nie pret nie.

Dan begin alles skeefloop: Iemand het ’n paar van die apies gesteel! En net toe Lea uitpluis wat met hulle gebeur het, begin die bos brand…

Oor die skrywer

Cecilia Steyn is die trotse ma van twee pragtige seuns en woon in Orkney, Noordwes. Sy is op 9 September 1974 in Welkom in die Vrystaat gebore en is die jongste van drie kinders. Na skool het sy haar loopbaan begin in die kleinhandelapteekbedryf. Steyn skryf sedert 2017 heeltyds. Sy het reeds verskeie gewilde jeugboeke die lig laat sien, wat onder meer die Tienerharte- en PresiesAnders-reeks, waarvoor sy elk ’n ATKV-Woordveertjie gewen het, insluit.

Prys: R135,00*
*Prys onderworpe aan verandering
Koop die boek by Lapa Uitgewers

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.