Boek: ‘Leef lig’ – Jaco Strydom

Jaco Strydom

In Leef lig motiveer Jaco Strydom Christene om af te pak en gewoontes by die vroeë kerk aan te leer, gewoontes wat ons kan help om ʼn lig vir die wêreld te wees deur ligter te reis.

Hy sonder vyf gewoontes uit: Sonder jouself af in gebed, reis lig, leef in eenheid, wees goed vir jou vyande, gee om vir die wêreld en gaan uit en doen dit wat jy geleer het.

Die suksesvolle lewe, volgens wêreldse voorskrifte, gaan gewoonlik oor bymekaarmaak, groter rykdom, meer status. Maar volgens Jesus moet jy altyd iets laat gaan as jy geestelik wil groei. Jy moet ligter reis, nie swaarder nie. Die dissipels moes hulle nette agterlaat, die ryk jongman sy rykdom en die kerk het die grootste impak in die geskiedenis gemaak toe sy die minste besit het.

Jaco praat nie net profetiese taal nie, hy beliggaam dit ook in sy lewe en in die Echo-gemeenskap, wat grensloos, kleurloos en statusloos mense met die Here se liefde omarm. – Stephan Joubert

Oor die skrywer

Jaco Strydom is die leier van Echo Jeugontwikkeling en deeltyds gekoppel aan Villieria Gemeente. Sy skryfwerk het die afgelope tien jaar verskyn in Beeld, Rapport, Finesse, Kerkbode, Weg en ook Maroela Media. Strydom is ook ʼn gereelde blogger en woon tans in die Echo-gemeenskap in Villeria, Pretoria.

Prys: R200,00*
*Prys onderworpe aan verandering
Koop die boek by NB-Uitgewers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.