Boek: Leef stroom-op!

 Leef Stroom-op.jpgEwald van Rensburg

In Leef stroom-op! gee Ewald van Rensburg vir lesers gereedskap om hierdie wêreld met sy uitdagings positief aan te pak. Filippense 4:8 stel ’n positiewe en hoopvolle lewensuitkyk voor.

As jy altyd jou Filippense 4:8-bril dra, sal die Heilige Gees sorg dat jy jou gedagtes rig op alles wat waar is, alles wat edel is, alles wat reg is, alles wat rein is, alles wat mooi is, alles wat prysenswaardig is.

Moses, Elia en Jesus het almal 40 dae beleef waarin God hulle iets noemenswaardig wou wys. Leef stroom-op! inspireer lesers in 40 dae om op hierdie nuwe manier van leef te fokus. Die boek se afdelings sluit af met spesiale nadink-oomblikke, gebede of praktiese uitdagings. Hiermee saam word spesiale video-“clips” en ’n besprekingsgids vir klein-groepe op www.cumuitgewers.co.za beskikbaar gestel.

Leef stroom-op! sal jou laat uitstaan met ’n nuwe manier van dink en leef!

Oor die outeur:

Ewald van Rensburg spesialiseer in jeug- en familiebediening en is predikant in Somerset-Wes. Hy is ook ’n gewilde en bekroonde skrywer. Ewald is getroud met Beatrix, en hulle het twee kinders.

Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy
Prys: R89.95*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.