Boek: Leef vir Jesus

Ewald van Rensburg

Die tweeling Chris en Joy is op ʼn nuwe missie! Saam met Gracie, hulle beagle, gaan hulle op ongelooflike avontuurreise om meer van die vrug van die Gees te leer.

Soos in Skyn vir Jesus, ontdek Chris en Joy ʼn geheime deur na die land van Lig. In hierdie land word hulle op verskeie tydsreise geneem waar hulle bekende mense en Bybelfigure ontmoet wat vir hulle alles oor die vrug van die Gees leer. Deur liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, goedheid, getrouheid, sagmoedigheid en selfbeheersing uit te leef, lei hulle ʼn hele bende boelies na Jesus en maak baie nuwe vriende.

In Leef vir Jesus ontdek 8- tot 12-jariges saam met die wit duif, die leeu en die vriendelik Man hoe om hulle geloof prakties uit te leef in dié fantasieverhaal. Aktiwiteite agter in die boek help hulle om die liefdesbeginsels in die boek toe te pas deur die afdelings “oordink dit”, “leer dit”, “lees dit”, “doen dit” en “bid dit”.

Uitgewer: Christian Art Kids
Prys: R50,00*
*Prys onderhewig aan verandering
Koop die boek by Graffiti Boeke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Johan Neuteman ·

Die boek se trant en inhoud sit bietjie ongemaklik: dit klink so asof dit maar oor menslike gevoelens van die “liefdesbeginsels” gaan, en op ‘n manier geleer word buite die Bybel. Dan voel dit of mense wyser as God wil wees. Bv is die idee van ‘n “vriendelike Man” (met hoofletter) nie lekker as ‘n soort fantasiefiguur nie. Dis dalk maar beter om God regstreeks in Sy Woord, die Bybel, te leer ken. Sonder om te ontken daar is onderrig nodig daaroor, maar dan liewer nie ge-fantaseer en met ander voorstellings as wat God in die Bybel doen nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.