Boek: Leefstyl-Bybel vir vroue

Die Bybel is vol verrassings. Keer op keer lees ʼn mens dinge daarin raak wat voorheen vir jou onsigbaar was.

Baie jare lank het ons dwarsdeur die vroue in die Bybel gekyk sonder om hulle sjarme as gelowiges raak te sien. O ja, ons het geweet van die bekoorlikheid van Ester en die gevaarlike lyf van Batseba. Maar nou het dit tyd geword om mekaar te vertel hoe sjarmant hulle geloof was.

Waarom fokus ons in hierdie Bybel juis op vroue se geloof?

Die teks van die 1983-Bybelvertaling word toegelig, spesiaal vir vroue, met insiggewende kommentaar oor Bybelse gebruike, gebeure, uitsprake en voorskrifte. Die kommentaar is onder meer geskryf deur bekende en vooraanstaande Suid-Afrikaanse vroueteoloë vir vroue wat eg en stylvol gelowig wil leef – en vir mans wat belangstel wat die Bybel regtig oor vroue sê.

Hierdie Bybel-met-aanvullende-aantekeninge respekteer die gesag van die Bybel deur en deur. Dit herinner ons weer dat die Bybel vriendelik is teenoor vroue, hulle bydraes as gelowiges erken, en wil hê dat dit met hulle moet goed gaan.

Ekstra inligting sluit in:

  • Wonder jy ook oor?-indeks van 345 lewensvrae van vroue
  • Lys van 66 Bybelboeke met temas en inleidings
  • Alfabetiese lys van Bybelboeke
  • Medewerkers en adviespaneel
  • Aantekeninge binne die Bybelteks
  • Verklarende woordelys vir die 1983-Vertaling
  • Kitsnaslaangids – ’n tematiese indeks met gepaste Bybelstekste vir nagenoeg elke lewensituasie
  • Bibliografie van geraadpleegde werke
  • Indeks van agtergronde, geloofswaarhede, mini-Bybelstudies, mites oor vroue, vroueportrette

Uitgewer: Lux Verbi
Prys: R650-00*
*Prys onderhewig aan verandering
Koop die boek nou by Graffiti Boeke
*Te koop by alle goeie boekhandelaars van Christelike boeke.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.