Boek: Leiboom

leiboom

Eunice Basson

In hierdie debuutdigbundel word die lewensloop van die mens, ons ellendes en ironieë en veral ons ervaring van kontraste in die natuur en in onsself, soos dié van groei en aftakeling, intens menslik dog gestroop betrag. Dit is ’n toeganklike bundel vol fyn woordtekenings en akkurate waarneming; die toon is wrang sonder sinisme, eg empaties en geskryf uit deurleefde ervaring.

Oor die outeur:
Dr. Eunice Basson is ’n gebore en getoë Pretorianer en bly steeds in die Jakarandastad. Sy is ’n kunshistorikus van beroep en was voorheen dosent aan die Universiteit van Pretoria en die Departement Kunsgeskiedenis, Visuele Kunste en Musiekwetenskap van Unisa, en was mede-redakteur van die kunshistoriese vakjoernaal de arte. In 2011 het sy ’n MA-graad in Kreatiewe Skryfkuns met lof voltooi aan die UP. Van haar gedigte is in 1996 in Tydskrif vir Letterkunde gepubliseer. Leiboom is haar debuutbundel.

Uitgewer: Queillerie
Prys: R155-00*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.