Boek: Lekkerlag stories

LLAG-VOORBLAD.jpgJohann Broodryk

Die stories in die boek het prikkelende titels soos Potjiekos o potjiekos!, Rate van Sekekoeneland se kruiedokter, Tiegerpoort se mensopvreetslange, Mafoeta se pratende maagwurms, die plesierige Albertus, Outie se koponderstebobanggeit, Generaal word seremoniemeester, Wilde Willemien raak wild, Die geldduiwelgogga byt, Marakkas in big bra Joe se sjebien,  Oepsies in Roendoe, Terrie die biervraat leeu, Lemoemba en die 52 insittendes, Wel en wee van doktor Marogo, Opening van Hiergatjy se dam, Mampara se draadspan besoeker, Pa en seun korswelrigheid, Bra Jacob vannie Kaap gat hemel toe, Die spook sweef op Bronkies, Die slag van Brandewynrivier, Papsopnat op Dwarskersboomstrand, Jagtyd in Apiesland, Sononder Nuus en Letivu die lekkerlag man.

In sy voorwoord meen die skrywer dat as ons nie meer lag nie, hierdie aardse bestaan maar een lang uitgerekte bedroewenis sal wees.

Om te lag is om te lewe.

Die probleem is dat nie alle lesers hierdie boek as waardevol sal waardeer nie.

Sommige stories is eenvoudig banaal, absurd en sal nie die lagspiere van konserwatiewes prikkel nie. Daar is net eenvoudig te veel suggesties van amoreuse gebeurtenisse, en hoewel daar geen beskrywing van eksplisiete gebeurtenisse is nie, laat die suggesties nie veel oor vir verbeelding nie. Daar is ook ‘n paar kras woorde en bedenklike vulgarireit, wat moontlik slegs deur sommige van Steve Hofmeyer se stouter aanhangers geniet sal kan word.

– Jacoba Calitz, skryfster, proefleser en resensent.

Die boek word aan die komediant Al Debbo opgedra en die voorwoord is deur Lochner de Kock geskryf.

Oor die outeur

Johann Broodryk het voorheen by kunstefeeste soos die Klein Karoo Nasionale Kunstefees, Aardklop Nasionale Kunstefees, Innibos Nasionale Kunstefees en die Volksblad Nasionale Kunstefees praatjies en aanbiedings oor die Ubuntu (medemenslikheid) manier van lewe aangebied, en reeds agt boeke oor die onderwerp publiseer.

Die boek is beskikbaar by:

Graffitti: Lynwood Bridge en Montana
Van Schaik: Pretoria en Potchefstroom
LAPA: Pretoria
Protea: Hatfield
E Books: Parkview
Wizards Corner: Lydenburg
Boek n Pen: Hoedspruit
Once upon a time: Cullinan
Books etc: Port Edward

Uitgewer: Lekkerlag
Prys: R160,00*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.