Boek: Leserskring Spogresepte

leserskring spogresepte

Christelle Erasmus

Dié spesiaal uitgesoekte spogresepte van Leserskring se bobaaskokke sal ‘n onmisbare plek op enige kombuisrak verower.

Met meer as 100 resepte – alles van brood en sop tot interessante voorgeregte, watertand hoofgeregte en nagereg vir die soettand – is hier iets vir elkeen.

Toe Leserskring ‘n ruk gelede hul toptien-tuiskokke se resepte gebundel het, was daar onder die inskrywings net te veel juweeltjies wat nie verlore kon gaan nie. Sommige ou bekendes met ‘n nuwe inslag, maar baie is kraakvars nuwe resepte. Vandaar hierdie pragbundel met volkleurfoto’s waarin kosliefhebbers hulself sal verloor.

Die wye veskeidenheid resepte sluit onder meer in:

-Paella
-Beetpotjie vir broederskap
-Somersop met spanspek
-Heuningwafelkoek
-Oreo® -Kaaskoekkolwyntjies

Oor die samesteller:
Christelle Erasmus het al verskeie gewilde resepteboeke geskryf waarvan die meeste gereeld bo-aan die topverkoperlyste verskyn het. Sy woon op die pragtige dorpie Riebeek-Kasteel, knus geleë in die Riebeekvallei in die Wes-Kaap, waar sy La Montagne B&B besit en bestuur. Sy is die samesteller van die boek en het deur duisende resepte gewerk om net die beste te kies vir die boek.

Uitgewer: Human & Rousseau
Prys: R295-00*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.