Boek: Liefde is ‘n sprokie

Liefde Sprokie PROMO

Samesteller: Santie Nel

‘n Bundel unieke kort liefdesstories wat tienerlesers sal wegvoer na ’n moderne sprokieswêreld vol aantreklike helde en romantiese heldinne. Elke verhaal is op ‘n bekende sprokie of feëverhaal gebaseer – maar met ’n heerlike moderne kinkel.

Talia is so tuis in die water soos ’n meermin. Maar Erik, met sy blonde hare en blou oe, sorg dat sy sukkel om op haar diepseeduikkursus te konsentreer… Cara het ’n ogie op verlede jaar se hoofseun , maar sy kan tog nie help om die nerdy nuwe ou, Pierre Prins, se diep, groen oë agter sy dik brilglase raak te sien nie…

Van die eerste dag wat Wolfgam vir Vlam van Huten raakgesien het, is sy nie net in sy kop nie, sy is in sy hart – daardie rooikopmeisiekind met die laggend oë wat sy nag- en dagdrome in besit geneem het. Maar sy rits net gedurig saam met daardie slymbol op sy motorfiets rond.

Amika is so moeg daarvoor om die langste meisie in haar klas wees. Sy troon alewig soos ’n toring bo almal uit en die seuns spot haar alewig daaroor. Maar wanneer haar gunsteling-onderwyser voorstel dat sy by die modelskool inskryf, lyk dit of alles kan verander. Sal Adriaan haar anders sien?

Dit is maar net ’n paar van die heerlike kort romanses wat jou hart warm sal laat klop en jou weer in sprokiesliefde sal laat glo.

* Lekker kort-kort stories wat vinnig en maklik lees

Oor die outeurs:
Die skrywers van hierdie bundel stories is deel van die Fynbosskrywers-groep. Hierdie is die derde projek wat die groep saam aanpak. Hulle eerste was ʼn dierestorie-CD gemik op 4 – 8-jariges. Die CD is verlede jaar op RSG uitgesaai en hulle het binne drie maande hulle eerste besending van 500 CD’s uitverkoop. Hulle kortverhaal Middernag en ander spokerige stories het in 2013 by Human & Rousseau verskyn. Al hierdie skrywers het al individueel in verskeie publikasies en genres gepubliseer, o.a. kortverhaalbundels, bloemlesings, opvoedkundige publikasies, vonkfiksie, tekste vir kinderteater, artikels, en ander.

Klik hier om die boek te koop.
Uitgewer: Human & Rousseau
Prys: R130-00*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.