WEN! Wen die lekkerste geskenkpak danksy Penguin Random House Struik met dié boek. DRIE gelukkige Maroela Media-wenners die lekkerste geskenkpak wen! Elke geskenkpak bestaan uit twee fliekkaartjies, ‘n kopie van die bogenoemde boek, asook ‘n R500 Edgars-inkopiebewys. Wow, lekker! Skryf hier in.
François Bloemhof
Liefde Moord en Facebook is ’n tienerroman met genres van beide romanse en rillers. Die hoofkarakter, Klaradyn, raak verlief op ’n fotograaf wat dalk vir die moorde op die modelle in haar tuisdorp verantwoordelik is – die een na die ander word vermoor. Daar is ’n paar verdagtes, maar niks word te ernstig opgeneem nie. Die karakters is wandelende clichés en daar word op ’n humoristiese manier met die modelwêreld gespot, asook mense se obsessie met Facebook en die wyse waarop sosiale media deesdae die menslike gedrag dikteer. Die werklike storie bevat fiktiewe Facebook-inskrywings, volledig met foto’s en ’n paar skakels na video’s en klankgrepe.
Waarom moet jy die boek koop?
• Die boek is ’n nuwe konsep in Suid-Afrikaanse jeugfiksie waarin gemengde media en ’n snaakse satire ’n aktiewe rol speel
• Dit is goeie waarde vir geld omdat dit die leser via gemengde media na video’s en klankgrepe skakel
• Een van die min humoristiese Afrikaanse tienerboeke
• Spanning word afgewissel met romanse
• Vernuwende en unieke boek
• Ideaal vir tieners tussen 15 en 18 jaar
Oor die outeur:
François Bloemhof is die enigste skrywer wêreldwyd wat omvattend vir die jeug, tieners en volwassenes skryf. Hy is ’n vryskut-taalpraktisyn asook kopieskrywer, resensent en joernalis en is bekend vir die eerste Afrikaanse e-boek en strokiesprentreeks. François skryf vir die verhoog, die radio en tydskrifte, en twee rolprenttekste uit sy pen word vanjaar geproduseer. Hy het heelwat toekennings ontvang, insluitende die De Kat-prys vir sy debuutverhaal,
Die Nag Het Net Een Oog.
Uitgewer: Penguin (Random Struik)
Prys: R100-00*
*Prys onderhewig aan verandering