Boek:  Liefde, seks en verhoudings

Liefde_seks_en-Verhoudings.jpgAnniéria McFarlane

Was jy al verlief? Is dit regtig die moeite werd om te wag met seks? Is Bybelse beginsels ou reëls vir ʼn moderne tyd?

Dít is van die meer as 30 kwessies waarby Anniéria McFarlane saam met tieners stilstaan in Liefde, seks en verhoudings.

Tieners weet vandag alles wat daar is om te weet van seks – of so dink hulle. Maar daar is ʼn boodskap wat hulle pelle en die TV nié so duidelik uitbasuin nie – hoe spesiaal God seks gemaak het en hoe Hy wil hê dit beskerm moet word.

Liefde, seks en verhoudings kyk na die seksuele versoekings waarvoor meer as 20 Bybelse karakters te staan gekom het en wat jongmense uit hulle situasies kan leer.

Hierdie nuttige boek sal tieners help in die warboel emosies en keuses waarvoor hulle daagliks te staan kom.

Oor die outeur:

Anniéria McFarlane is ’n Wes-Kapenaar met ’n hart vir kinders. Van vroeg in haar lewe af het sy een durende passie gehad: Om kinders en jongmense na Jesus te lei. Toe sy as jong ma begin boeke skryf, was dit maar altyd om ouers te besiel en kinders te bemoedig om getrou te volhard op die pad van geloof. Die ondervinding wat sy as Afrikaans-onderwyser, ma van vier seuns, kategeet, Kinderkransleidster, Jeugleier en later ouma opgedoen het, het haar as skrywer goed te staan gekom. Deesdae woon sy saam met haar man, Theo, in die Strand, waar sy veral betrokke is by haar gemeente se Getuienisaksie.

Uitgewer: CUM-Uitgewers
Prys: R89,95*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.