Boek: Liefde sonder beperkings

Liefde_sonder_beperkings.jpgNick Vujicic

Die meeste van ons is nie sonder arms of bene nie, maar wanneer dit by die liefde kom, voel ons dikwels net so onvolmaak soos Nick Vujicic. Maar Nick en sy vrou, Kanae, het ’n besonder inspirerende verhaal wat hulle nou met die wêreld deel in Liefde sonder beperkings.

In dié boek vertel hulle albei van hulle liefdes-paadjies en hoe hulle mekaar leer ken en liefkry het. Met hulle verhaal wil hulle ander inspireer in hul soeke na liefde.

Nick en Kanae praat oor onderwerpe soos die soeke na liefde; die perfekte onvolmaakte liefde; verlowing as die begin van ’n liefdevolle huwelik; reinheid voor die huwelik; en die vreugde van ouerskap. Daar is ook ’n seksie met pragtige kleurfoto’s van die twee geliefdes se pad saam sover.

Liefde sonder beperkings sal jou oortuig dat God self die behoefte na liefde in jou hart gesit het, en Hy sal ook self daarin voorsien.

Oor die outeur:

Nick Vujicic is ’n New York Times-topverkoper-outeur, evangelis, motiveringspreker en die direkteur van Life Without Limbs, ’n organisasie wat die boodskap van hoop in Christus met die hele wêreld help deel. Nick is vir baie mense ’n inspirasie met sy ingesteldheid om struikelblokke te oorkom en sy drome waar te maak. Nick is oorspronklik van Australië, maar woon nou in Suid-Kalifornië saam met sy vrou, Kanae, en seun, Kiyoshi.

UITGEWER: CHRISTELIKE UITGEWERSMAATSKAPPY
PRYS: R189.95*
*PRYS ONDERHEWIG AAN VERANDERING

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.