Boek: Liefdegroete, Grootseun: Kronieke van ʼn dominee

Barend Vos

Die geliefde dominee Barend Vos se sketse oor die lewe van ʼn predikant en sy gesin in ʼn plattelandse gemeente het tot op hede in vyf bundels verskyn. Dié sketse verskyn die afgelope tien jaar elke maand in die tydskrif LIG, met illustrasies deur Fred Mouton.

In Liefdegroete, Grootseun word ʼn dertigtal van Vos se Grootseun-stukke wat die afgelope jare in Lig verskyn het, byeen gebring as keur van die meer as 100 wat sedert sy laaste versameling verskyn het. Elke rubriek word aangebied as ʼn brief wat deur “Grootseun” geskryf word aan sy ouers. Die sketse het meestal ʼn sterk humoristiese aanslag en gefokus op ʼn plattelandse kerkgemeenskap waarvolgens “Grootseun” die Jongdominee van die gemeente is. Die ruimte is dus plattelands, kerklik en geskryf met ʼn deernisvolle aanbod wat eie is aan Vos se skryfstyl.

Oor die outeur

Barend Vos – alias Grootseun – is predikant op Warrenton en Windsorton. Sy sketse verskyn die afgelope tien jaar elke maand in die tydskrif LIG, met illustrasies deur Fred Mouton. Daarbenewens het hy ook twee romans met die Bybelse gegewe as gepubliseer, te wete Eksodus (wat in 2001 die CBSA-prys vir fiksie gewen het) en Kanaän. Sy literêre debuut, ʼn Dorp soos Silwer Streams het in 2011 verskyn. Sy mees onlangse publikasie, Die ewigheid in my hart is in 2016 met die Andrew Murray-prys vir Christelike lektuur en ʼn ATKV Mediaveertjie bekroon.

Uitgewer: Protea Boekhuis
Prys: R180,00*
*Prys onderhewig aan verandering
Koop die boek by Graffiti Boeke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

John ·

Party dominees is sielkundiges en ander skilder of sing. Ander skryf romans of dig of maak jag op gemeentelede se wel een wee vir lekkerlag… als vir daai meevallertjie amper soos die spul wat so in die tempel kermis gehou het en wie se tafels deur Jesus omgekeer is en die eerbare kinders Hosanna geskree het tot ontsteltenis van die grootse rabbi’s. So ‘n grappige toneeltjie. Hoeveel dominees doen huisbesoek en nog moeite met hul preke om die Woord oor te dra… of werk hulle eerder hard aan ‘ek’ se nuwe boek of ‘ek’ se nuwe CD.

Negatief ·

John, met groot respek, jy is oor alles negatief en pessimisties. Daar is dalk ‘n rede daarvoor, asook hulp ou maat.

SNEL ·

Mens kan seker hierna uit verskillende oogpunte kyk. Is hy nie n dominee eerste en n “tentmaker” tweede nie? Mag hy nie iets doen vir ontspanning nie? Sy prioriteite moet net reg wees en as hy geld verdien moet hy sy 10de gee. Sy gemeentelede moet nie eers kan agter kom dat hy so iets doen nie; nie omdat hulle nie mag weet nie, maar omdat hy nie sy werk mag afskeep nie. Elkeen kort ontspanning, al is ons ook n dominee.

Spook ·

He-he hy skryf dit beslis nie saans in sy vrye tyd nie. Hy skryf dit deur die dag waarvoor hy reeds n pakket van R 600 000 van sy gemeente ontvang.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.