Boek: Liewe Heksie Leesboek 1

Liewe Heksie Leesboek 1-kleinerVerna Vels, illustrasies deur Vian Oelofsen

Nuwe uitgawes van die gewildste Liewe Heksie-stories met pragtige volkleur illustrasies, maak hierdie reeks perfek geskik vir vroeë lesers. Elke bundel bevat drie oorspronklike Liewe Heksie-stories, spesiaal aangepas vir 3- tot 6 jariges. Besondere volkleur-illustrasies deur Vian Oelofsen vergesel die teks en beeld Liewe Heksie, Blommie Kabouter, Karel Kat, Koning Rosekrans en al die geliefde karakters in Blommeland op ’n moderne, maar tog herkenbare wyse uit. In Liewe Heksie: Leesboek 1 kry Heksie ’n verjaardag, Heksie en Blommie Kabouter sing in die straat om geld in te samel vir Blommeland se nuwe hospitaal, en Heksie spog op die strand met haar unieke bikini. Liewe Heksie se onskuld, humor en verbeelding is nog net so bekoorlik soos altyd!

Liewe Heksie is al vir meer as 50 jaar gewild en een van die mees ikoniese Afrikaanse kinderboekkarakters. Maklik leesbare teks en pragtige kleur-illustrasies sal sorg dat jong, sowel as ouers lesers van voor af bekoor word.

LET WEL: Liewe Heksie: Leesboek 2 is reeds beskikbaar in die reeks.

Oor die outeur :
Verna Barbara Robertson Vels is op 13 Junie 1933 op Reitz in die Vrystaat gebore. Die Liewe Heksie-stories is aanvanklik as radioverhale aangebied en die eerste een is in 1961 op die kinderprogram Siembamba uitgesaai.

Oor die illustreerder:
Vian Oelofsen is ’n voltydse kinderboekskrywer en -illustreerder. Sy werk verskyn plaaslik sowel as oorsee in tydskrifte en koerante en hy het al nagenoeg 20 prenteboeke vir kinders geïllustreer.

Uitgewer: Human & Rosseau
Prys: R125,00*
*Prys onderhewig aan verandering.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Jason ·

Blinde volk, in een blok adverteer julle ‘n liewe Heks, en in ‘n ander Liewe Jesus. Die volk gaan waarlik ten gronde as gevolg van ‘n gebrek aan kennis.

Basjan ·

Jason nou wonder ek…het jy n probleem met Liewe Heksie of Jesus?

Moonsie ·

Ek was nog altyd n Liewe Heksie fan, maar toe ek laas naweek weer die dvd saam met my 2 jarige nefie kyk na 10 jaar, kom ek agter hoe afbrekend die karakters teenoor Heksie is! Alles wat ek my kind van 11 leer om nie teenoor ander te wees nie. Wonder hoekom ek dit nooit daai tyd opgelet het nie?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.