Boek: ‘Liewe Heksie Leesboek 8’

Verna Vels

Nuwe uitgawes van die gewildste Liewe Heksie-stories met pragtige volkleur-illustrasies maak hierdie reeks perfek geskik vir vroeë lesers. In Leesboek 8 het Liewe Heksie en haar maats groot pret in die sneeu, die kabouters help om ’n swembad te grawe en Heksie betrap ’n dief wat koning Rosekrans se forelle steel.

Oor die skrywer

Verna Barbara Robertson Vels is op 13 Junie 1933 op Reitz in die Vrystaat gebore. Die Liewe Heksie-stories is aanvanklik as radioverhale aangebied en die eerste een is in 1961 op die kinderprogram Siembamba uitgesaai.

Oor die illustreerder

Vian Oelofsen is ’n voltydse kinderboekskrywer en illustreerder. Hy werk vir plaaslike én internasionale uitgewers en het al meer as 50 kinderboeke geïllustreer. Hy is veral bekend vir sy illustrasies van die gewilde Liewe Heksie– en Haas Das-reeks. Oelofsen woon in Stellenbosch.

Kyk hier na ʼn video waarin Oelofsen meer oor sy Liewe Heksie-illustrasies vertel. Die video is deur NB-Uitgewers vervaardig en goedgunstig aan Maroela Media verskaf:

Ouderdom: Ses tot nege jaar
Prys: R160,00*

*Prys onderworpe aan verandering
Koop die boek by NB-Uitgewers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.