Boek: Ligte, kamera, Aksieheld Austin

Fanie Viljoen

Ewald is die ster van die gewilde Aksieheld Austin-rolprente. In die flieks is hy ʼn dapper held met vuiste soos kanonkoeëls wat skurke laat les opsê!

Diep in ʼn oerwoud in Afrika – dit is waar die nuwe fliek geskiet word. Ewald en sy pel Cardo verwonder hulle oor die asemrowende medespelers: Drie groot T-rex’e. Dit is natuurlik nie regte dinosourusse nie. Maar hulle is wel lewensgetroue robotte. Iets gaan egter fout tydens die verfilming. Die dino’s begin soos regte T-rex’e optree.

Fanie Viljoen se Aksieheld Austin-reeks is die perfekte leesstof vir jong lesers wat van stories propvol aksie en adrenalien hou.

Doodskreet van die dino’s is die vierde boek in hierdie reeks. Dit volg op Operasie Sabotasie, Nag van die grille en Onheil op Skedelbaai.

Prys: R150,00*
*Prys onderworpe aan verandering
Koop die boeke by Graffiti Boeke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.