Boek: Lillie die heksie in die land van die dinosourusse

Lillie-die-heksie-in-die-land-van-die-dinosourusse-15-voorblad.jpgKnister

Hierdie keer doen Lillie ’n heksesprong wat haar miljoene jare terugneem tot in die land van die dinosourusse. Maar – o gedorie! – kleinboet Leon is ook daar! Hoe op aarde het hy daar gekom? Lillie wil hom so gou moontlik terug huis toeneem, maar dan gebeur iets vreesliks: ’n Pterosourus gryp die knapie en vlieg met hom weg! Hoe nou gemaak? Sal Lillie haar boetie betyds uit dié vlieënde reus se kloue kan bevry?

Vir twee dekades reeds swaai Lillie die heksie haar towerstaffie oor kinderboekrakke dwarsoor die wêreld. Met totale wêreldwye verkope van meer as 20 miljoen eksemplare en vertalings in 40 tale is geen towerformule nodig om te voorspel dat sy ook Afrikaanse harte gaan verower nie!

Dié selfleesboekies is gemik op agtjariges en ouer.

Amelia de Vaal het die vertaling gedoen.

Uitgewer: Protea Boekhuis
Prys: R145.00*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.