Boek: Logika van die liefde

Marilé Cloete

Emmerentia het borskanker oorwin maar is nog baie broos en vind veral haar emosionele herstel moeilik. Sy voel skuldig omdat sy herstel het van borskanker, terwyl haar ma daaraan gesterf het toe Emmerentia nog jonk was. Sy en haar pa het ʼn baie spesiale band. Hy nooi haar saam op ʼn maandlange reis deur Australië waar hy en ʼn kollega kongresse gaan bywoon en deur die land toer. Sy is eers teensinnig en stem langtand in, want sy is veral nie lus vir die vreemdeling wat saam gaan reis nie.

Brent is ʼn bekwame jong wetenskaplike wat baie opkyk na Emmerentia se pa, en hom as sy mentor beskou. Brent het egter as jong seun ʼn gesinstragedie beleef wat hom sku maak vir mense. Dit maak dat hy hom in sy eie wêreld toesluit.

Emmerentia en Brent sukkel om by mekaar aanklank te vind, maar deur haar pa se toedoen word hulle male sonder tal saamgegooi en leer hulle mekaar algaande beter ken; daar vorm wedersydse begrip.

Oor die outeur

Logika van die liefde is Marilé Cloete se eerste SuperRomanza. Sy het reeds vyftien romanses geskryf.

Uitgewer: Lapa Uitgewers
Prys: R225,00*
*Prys onderhewig aan verandering
Koop die boek by Graffiti Boeke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.