Boek: ‘Lotta se lewe 11: Slange en hansworse’

Lotta se klas moet ’n VERSKEIDENHEIDSKONSERT hou. Lotta se spanmaat is Benni – ’n Rocker! Chantelle doen saam met die Skaapkop Leigh-Anne (verraaier!) ’n klomp cool hondetoertjies, maar Lotta moet HANSWORSSTREKE uithaal. Dit is onregverdig! Dankie tog sy het haar blokfluit om te probeer keer dat haar naam voor die hele skool met ’n plank geslaan word.

Lotta se lewe 11: Slange en hansworse is vertaal deur Kobus Geldenhuys.

Oor die skrywer

Alice Pantermüller wou reeds van laerskool af ’n skrywer of onderwyser word. Nadat sy onderwys studeer het, het sy as ’n Duitse taalassistent in Skotland gewerk, en daarna was sy ’n boekhandelaar. Vandag woon sy saam met haar gesin op die platteland naby Lüneburg in Noord-Duitsland. Pantermüller is bekend vir haar Bendix Broderson-kinderboeke.

Ouderdom: Nege tot 12 jaar
Prys: R175,00*

*Prys onderworpe aan verandering
Koop die boek by NB-Uitgewers

Hier volg ’n voorsmakie uit Lotta se lewe 11: Slange en hansworse. Die gedeelte is goedgunstig deur Human & Rousseau, ’n druknaam van NB-Uitgewers, verskaf:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.