Boek: Lotta se lewe: Bendes, swape en skape

"Lotta se lewe: Konyne by Dosyne" is een van Alice Pantermüller se vorige boeke uit dieselfde reeks

“Lotta se lewe: Konyne by Dosyne” is een van Alice Pantermüller se vorige boeke uit dieselfde reeks

Alice Pantermüller

Berenice Hoogenhout het ’n meisiebende begin en amper almal in die klas behoort daar aan. Almal behalwe Lotta en haar beste vriendin, Chantelle. Die bende noem hulleself Die Glamour Girls, maar Lotta noem hulle die Skaapkoppe omdat die swape almal soos lammetjies agter Berenice aanloop. Maar sy en Chantelle is nie jaloers nie, want hulle het hulle eie bende, Die Kwaai Konyne. En omdat hulle bende net twee lede het, het hulle vir Paul genooi om ook ’n lid te word, want hy het ’n boomhuis. Maar die Skaapkoppe is nie al bende wat met hulle moeilikheid soek nie; daar is ook die Rockers. Gaan Lotta hulle met haar Indiese blokfluit kan regsien? Of gaan daar al weer allerhande vreemde goed gebeur?

Dit is die een katastrofe ná die ander in Lotta se lawwe lewe! Haar avonture is egter altyd vol pret, humor en verrassings! Die dagboekstyl en skeeusnaakse illustrasies sal sorg dat lesers van 8 tot 12 jaar die sjarmante Lotta se eskapades onweerstaanbaar vind.

Oor die outeur:
Alice Pantermüller wou reeds van laerskool af ’n skrywer of onderwyser word. Nadat sy onderwys studeer het, het sy as ’n Duitse taalassistent in Skotland gewerk, en daarna was sy ’n boekhandelaar. Vandag bly sy saam met haar gesin op die platteland naby Lüneburg in Noord-Duitsland. Sy is bekend vir haar kinderboeke, Bendix Broderson.

Uitgewer: Human & Rousseau
Prys: R120-00*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.