Alice Pantermüller
Jippie! Dis uiteindelik vakansie. Die meeste kinders in 5b gaan by die huis bly. Maar Lotta se familie gaan op ’n ORGANIESE PLAAS vakansie hou. Al het sy en haar twee raasbekboeties, Jakob en Simon, besluit hulle wil na ’n eksotiese eiland toe vlieg. Maar daar is nogal baie interessante diere op hierdie plaas. En Lotta is mallll oor DIERE! Sy kan ook lekker op hulle oefen. Want sy weet nou wat is haar Indiese blokfluit se geheim: ’n Mens kan slange daarmee hipnotiseer! Veral kobras. Haar blokfluit laat erdwurms ook dans. Sy moet net die regte note blaas . . .
Dit is die een katastrofe ná die ander in Lotta se lawwe lewe! Haar avonture is egter altyd vol pret, humor en verrassings!
Ideaal vir lesers tussen 6 en 10 jaar oud.
Oor die outeur:
Alice Pantermüller wou reeds van laerskool af ’n skrywer of onderwyser word. Nadat sy onderwys studeer het, het sy as ’n Duitse taalassistent in Skotland gewerk, en daarna was sy ’n boekhandelaar. Vandag bly sy saam met haar gesin op die platteland naby Lüneburg in Noord-Duitsland. Sy is bekend vir haar kinderboeke, Bendix Broderson.
Uitgewer: Human & Rousseau
Prys: R120-00*
*Prys onderhewig aan verandering