Boek: Lulu Bell en die verjaarsdagponie

Lulu Bell en die verjaarsdagponie - Belinda Murrell HR

Belinda Murrell

Lulu Bell is agt jaar oud. Sy geniet elke oomblik van haar lewe, maar is soms bietjie baasspelerig. Dis nodig dat iemand prakties is in haar weird gesin. Haar sussie, Vera, is ses en dra graag engelvlerke en skoene wat skitter. Haar driejarige boetie weier om enige iets anders as sy superhero-pak aan te trek: selfs in die bad!
Lulu se ma is ’n kunstenaar en haar pa ’n baie besige veearts. Hulle huis is reg langs die dierehospitaal. Lulu help haar pa graag met die diere wat seergekry het en wees agtergelaat is. Dis geen wonder dat die Bells hope troeteldiere het nie.

‘n Ponie hardloop los in die strate rond. Lulu en haar pa moet die ponie gaan vang voordat hy seerkry. Sal hulle die ponie betyds kry? Wat sal gebeur as die stoute ponie moeilikheid maak op die verjaarsdagpartytjie? Gelukkig het Lulu ’n plan.

Die reeks is geskik vir jonger lesers van 6 tot 9.

Oor die outeur:
Belinda Murrell se kinderboeke is internasionale blitsverkopers. Haar 21 boeke sluit titels in soos The Sun Sword, ’n fantasie-trilogie, sowel as verhale soos The Sequin Star, The River Charm, The Locket of Dreams, The Forgotten Pearl, The Ruby Talisman en The Ivory Rose wat verskillende pryse gewen het, onder andere Honour Book KOALA’s. Belinda lewe en skryf in Australië.

Koop die boek
Uitgewer: Random House Struik
Prys: R70-00*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Schalina ·

Nica is ‘n woelig 8 jarige rooikop wat met al die diere in die straat vriende maak en sommer vir elkeen ‘n naam gee. ‘N boek oor ‘n ponie sal haar dag maak

Mary Sadler ·

Hoekom word ander lande se kinderboeke in Afrikaans vertaal? Sou dit nie beter wees om ons eie skrywers ‘n kans te gee om gepubliseer te word nie?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.