Boek: maak ’n kopskuif

CUM-Boek-2 nuutdeur Dr. Caroline Leaf

Die hedendaagse samelewing gaan gebuk onder giftige gedagtes wat letterlik ons gesondheid benadeel. Wat jy dink, beïnvloed inderdaad jou liggaamlike en emosionele gesondheid!

Met ondersteuning van onlangse wetenskaplike en mediese navorsing gee dr. Caroline Leaf in Maak ’n kopskuif vir ons ’n Bybelsgebaseerde voorskrif wat ons sal help om gesonder te leef deur ons denkpatrone te verander. Sy wys hoe ’n kopskuif ons in staat sal stel om gelukkiger, gesonder en meer vreugdevolle lewens te lei, ons doelwitte te bereik, ons lewe onder beheer te kry en selfs ons intelligensie te verhoog.

Elke hoofstuk word afgerond met die kernpunte in die hoofstuk vir maklike naslaan en terugskouing.  Verder bied hierdie boek ook ’n praktiese 21-dagbreindetoksplan wat jou lei om giftige gedagtes met gesondes te vervang.

Maak ’n kopskuif is bedoel vir almal wat nie meer ’n slagoffer van hulle gedagtes wil wees nie, maar hulle brein se volle potensiaal wil benut.

Oor die Outeur:
Dr. Caroline Leaf het haar opleiding ontvang in Kommunikasiepatologie by die Universiteit van Kaapstad. Sy het ook ʼn Meestersgraad en ʼn PhD in Kommunikasiepatologie verwerf by die Universiteit van Pretoria. Dr. Leaf doen navorsing rondom die menslike brein en fokus veral daarop om die brein se potensiaal te ontsluit. Sy woon tans in die VSA saam met haar man, Mac. Hulle het vier kinders.

Uitgewer:  Christelike Uitgewersmaatskappy
Prys:  R169-95*
*Prys onderhewig aan verandering

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.