Boek:  Maak tyd om te lewe

Maak_tyd_om_te_lewe.jpgAndy Stanley

Almal het grense ten opsigte van tyd, geld en ander aspekte in hul lewe. As jy jou lewe deurbring op die grens, gaan jy nie meer die lewe geniet nie.

Dit is hoekom Andy Stanley lesers in Maak tyd om te lewe in vier studies uitdaag om ruimte te vind tussen hulle huidige pas en hulle grense – veral ten opsigte van hul finansies, skedules en verhoudings.

Sleutelgedeeltes uit Andy se DVD Breathing Room is bygewerk in hierdie Bybelstudie. Daar is ook besprekingsvrae vir individue en kleingroepe, asook oordenkings tussen die sessies. ’n Spesiale gids vir kleingroepleiers is ook ingesluit.

Maak tyd om te lewe sal lesers help om terug te staan van hulle grense en die ruimte te skep wat hulle nodig het om God te vertrou om te doen wat Hy in hulle en deur hulle wil doen.

Oor die outeur 

Andy Stanley is ’n leraar, spreker, skrywer en die stigter van North Point Ministries, Inc. (NPM). Sedert die stigting daarvan in 1995 het North Point Ministries een van die vinnig groeiendste en invloedrykste Christelike organisasies in Amerika geword. Elke Sondag gaan meer as 33 000 mense na die dienste by een van NPM se vyf kampusse in die Atlanta-area. Andy en sy vrou, Sandra, en hulle 3 kinders woon in Alpharetta, Georgia.

Uitgewer: Cum-Uitgewers
Prys: R79,95*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.