Boek: Maak vyf: 1 bestanddeel = 5 resepte

maak vyf

Heleen Meyer

MAAK VYF bevat eenvoudige en maklike resepte van bekende bestanddele wat elk op vyf verskillende maniere gebruik word.

Die boek fokus op ’n seleksie van alledaagse bestanddele soos geblikte vis, hoenderfilette, eiers, pasta, rys, droë boontjies, botterskorsie en tamaties om net ’n paar te noem.

Die resepte strek van vinnige maaltye, bygeregte en slaaie tot hoofgeregte, kosblikidees en ligte maaltye. Met selfs ’n lekker bederfie hier en daar.

Die laaste gedeelte bevat basiese resepte wat dan op vier verskillende maniere gebruik kan word, soos byvoorbeeld brooddeeg, koekbeslag, koekiedeeg en maalvleis.

Die boek sal mense aanmoedig om gesonde geregte vir die hele gesin te maak.

Dit bevat ook wenke vir die komposhoop en erdwurmplaas – geskik vir die “groentye” waarin ons leef.

Oor die outeur:
Heleen Meyer is reeds ’n bekende naam danksy haar kookboeke, artikels, kosdemonstrasies, TV werk en gewilde weeklikse radio-insetsel op Radio Sonder Grense. Sy is ’n gekwalifiseerde huishoudkundige en as gevestigde en onafhanklike koskonsultant geniet sy wye erkenning vir die werk wat sy doen.

Sy het as assistent vir die kosredakteur by Sarie-tydskrif begin werk en daarna was sy byna 10 jaar lank die kosspesialis by AMC Cookware. Sy het in 2000 vir AMC hul eie boek met die titel The AMC Book geskryf. Sy is ook die outeur van twee van haar eie internasionaal bekroonde resepteboeke, Onthoukos/Food from the heart en Kos is op die tafel!

Uitgewer: Human & Rousseau
Prys: R200-00*
*Prys onderhewig aan verandering

Koop dit nou in Die Koöperasie, Maroela Media se aanlynwinkel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

pat stamatelos ·

Dit ly BAIE interessant – ek gaan uitkyk hiervoor. Die ouer mens word die meer eenvoudig, maar tog smaaklik, wil mens kook (en met minder moeite). Dankie! Hoop dis by Bargain Books of CNA?

Sune van Heerden ·

Dagsê Pat

Dit sal definitief by goeie boekwinkels beskikbaar wees.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

pat stamatelos ·

Dit ly BAIE interessant – ek gaan uitkyk hiervoor. Die ouer mens word die meer eenvoudig, maar tog smaaklik, wil mens kook (en met minder moeite). Dankie! Hoop dis by Bargain Books of CNA?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.