Boek: Makietie

makietie

Tiaan Langenegger en Mynhardt Joubert

Die Kokkedoor-wenners (Tiaan en Mynhardt) se eie resepteboek wat ook aansluit by hulle TV-program genaamd Makietie.

Die boek bevat 13 feesgeleenthede soos ’n boekklubete, ’n “vintage rugby-ete” (met Schalk Burger), ’n karnival-kinderpartytjie, ’n moderne braai in die wingerd en ’n tradisionele familie Sondag-middagete. Elke geleentheid bestaan uit ’n volledige spyskaart met die heerlikste resepte en die pragtigste tafelversierings.

Oor die outeurs:
Mynhardt Joubert het naam gemaak as die bekwame sjef van Bar Bar Black Sheep op Riebeeck-Kasteel. Hy woon tans op ’n plaas naby Malmesbury, waar hy sy funksie-koördenerings-onderneming Moerby Kultuur bedryf.

Tiaan Langenegger: Dié jong sjef van Stellenbosch kon al witsous en pannekoek maak voor hy by die stoof kon bykom. Hy het grootgeword in ’n huis van kos en kuier en sy passie vir kos kom van sy ma en ouma af. Op 26 het Tiaan die Unilever Food Solutions se Sjef van die Jaar 2012 gewen en was hy Sunday Times se Jong Sjef van die Jaar.

Uitgewer: Human & Rousseau
Prys: R265-00*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

letitia ·

Nog n duur resepte boek,nie vir Jan alleman wat hom nie kan vereenselwig met vandie geleenthede,nie eens die bestandele bekostig nie..te veel van die boeke is Bo mens se inkomste

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.