Boek: Mamma Lucinda

Mamma Lucinda voorbladKoen van Biesen

Mamma Lucinda.
Sy het ’n onpeilbare hart.
Haar oë is rooi, haar gedagtes is swart.
Mamma Lucinda.
Sy is nou eenmaal ongewoon.
’n Rare mamma uit ’n nare droom.
Sy het ’n bleek vel en kloue vir hande,
en vreeslike skerp oogtande.

Wat doen jy as jy agterkom jou mamma is nie soos ander mammas nie? As jy sien sy drink bloed in plaas van wyn en dat haar oogtande nogal skerp is? Mamma Lucinda is ’n verhaal oor ’n mamma wat anders is.

Die storie is humoristies en propvol avontuur – perfek vir selflees en voorlees vir kinders ouer as ses.

Oor die outeur:
Koen van Biesen is in 2009 deur die Griffeljury met ’n Vlag en Wimpel vereer vir dié bloedstollende en grappige prenteboek.

Oor die vertaler:
Dr Nicol Stassen is die besturende direkteur van Protea Boekhuis. Hy het ’n BA-graad in tale, ’n meestersgraad in chemiese ingenieurswese en ’n doktorsgraad in geskiedenis. Hy is ’n navorsingsgenoot by die Universiteit van Pretoria. Hy het reeds verskeie kinderboeke uit o.a. Deens, Duits, Engels en Nederlands in Afrikaans vertaal. Verder is hy die outeur van boeke soos Afrikaners in Angola 1928-1975 (2010) en William Chapman – Reminiscences (2011).

Uitgewer: Protea
Prys: R110-00*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.