Boek: ‘Mara’ – Marida Fitzpatrick

Marida Fitzpatrick

Hoe is Viljoen dood? Die vraag voel oeroud, versteen onder lae en lae saamgeperste grond. ʼn Klein fossiel, volmaak met al sy beentjies en werwels en oopgesperde bekkie. Sy’s te bang om daaraan te raak, te bang dit val uitmekaar en dan sal sy nooit weet wat dit eens was nie.

Oor net twee dinge is Rakie Bouwer seker: Haar broer is as kind dood, en sy moet vasstel hoe. Die soektog stuur haar op ver en donker paaie na haar verlede – waar familiegeheime dreigend lê en skuil.

Intussen daag haar tweelingsuster, Mara, ongenooid op en dompel haar verder in ʼn maalkolk van vrees. Wat probeer Mara wegsteek, en hoekom?

Dan is daar De Wet, die getroude man wat teen sy beterwete by Rakie betrokke raak, en Rebecca, die Bouwers se destydse huishulp wat dalk die sleutel tot alles hou.

Terwyl Rakie desperaat na antwoorde soek, loop sy die gevaar om haarself te vernietig. Want uiteindelik is die heel skrikwekkendste vraag: Wat is gevaarliker as jou eie bloed?

Oor die skrywer  

Marida Fitzpatrick is ʼn skrywer en joernalis. Haar skryfwerk is al met verskeie pryse en benoemings vereer. Fitzpatrick het ʼn meestersgraad in kreatiewe skryfkuns en ʼn honneursgraad in joernalistiek, wat sy albei met lof geslaag het. Mara is haar derde roman.

Prys: R295,00*
*Prys onderworpe aan verandering
Koop die boek by Graffiti Boeke  

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.