Boek: Mara

mara

Lisette Van de Heg

Dis 1931. Maria is swanger en haar stiefpa sit haar op ’n boot om by haar tante in die Hollandse platteland te gaan bly tot die baba gebore is, uit die oë van die dorpenaars waar haar stiefpa predikant is. Haar tante aanvaar haar in liefde en vra nooit uit na die pa van die kind nie. Die dorpsgebied se predikant, Reijer begin ook by Maria kuier, ten spyte daarvan dat sy swanger is.

Ná die verloop van interessante dog hartseer gebeure, leer Maria uiteindelik om haar babadogter Mara lief te kry. Sy leer ook in die proses om vrede te maak met God as barmhartige en liefdevolle Vader en nie die soort pa wat sy ken nie. Dis ’n verhaal van lief en leed en hoe die liefde triomfeer.

Aanhaling deur Anchien Troskie: ‘n Aandoenlike, roerende verhaal wat enduit boei en teen die einde ‘n kombers van troos om jou vou.

Oor die outeur:
In 2009 debuteer Lisette van de Heg met haar roman Mara, waarvoor sy die Christelike Boekprys in Holland gewen het. Die boek is vertaal in vyf tale, onder andere Duits en Engels. In 2011 koop die filmvervaardiger Nick Jongerius van Pellicola die filmregte en kondig aan dat die boek as film ook sal verskyn. Van de Heg is opgelei as tandartsassistent. Sy is getroud, het twee kinders en woon saam met haar gesin in Barneveld in Nederland.

Uitgewer: Lux Verbi
Prys: R170-00*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.