Boek: Marie Lotz se ‘Polsslag’

Marie Lotz

In Polsslag word speurder-kaptein Alek Strauss van die FSO saam met sy span na ʼn raaiselagtige moordtoneel uitgeroep.

Advokaat Lynn Rawlins se liggaam is in ʼn afgeleë bouval in Pretoria-Oos gevind en dit blyk dat sy verwurg is. Teen ʼn muur by die moordtoneel staan daar in bloed geskrywe: Sprich nichts Böses.

Doktor Nadiya Patel, forensiese sielkundige, is oortuig die moordenaar se modus operandi is ʼn waarskuwing dat nog lewens in gevaar is.

Polsslag is die jongste spanningsroman uit die pen van Marie Lotz, skrywer van Roofdier.

Oor die skrywer

Lotz het ʼn BA-graad in Afrikaans-Nederlands en Noord-Sotho en ʼn honneursgraad in toegepaste linguistiek, met spesialisering in vertaling, behaal. Sy het van 1992 as vertaler by Beeld in Johannesburg gewerk en was daarna vir twee dekades as redigeerder en redakteur by verskeie instansies betrokke. Lotz is tans ʼn redigeerder van mediese en regsverslae by ʼn sielkundige praktyk in Pretoria.

Uitgewer: NB-Uitgewers
Prys: R315,00*

*Prys onderworpe aan verandering
Koop die boeke by Graffiti Boeke  

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Scholtz ·

“Sprich nichts Boses” kan letterlik “Spreek geen boosheid nie” beteken, oftewel moenie uitlatings van ‘n bose aard of met ‘n bose strekking maak nie; en dit kan ook beteken dat mens jou nie uitspreek teen vergrype van ‘n bose aard nie – jou dus siende blind ten opsigte van die pleeg van dade van boosheid hou.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.