Boek: Marinda se koskas

Marinda Engelbrecht

Marinda se koskas deur Marinda Engelbrecht maak voorsiening vir allerlei resepte: van ontbyt, sop, voorgeregte, brood en beskuit, tot slaai, seekos, vleis, groente, pasta en bygeregte. Daar is ook resepte vir nageregte, terte, koeke en ander soetigheid. Die resepteboek bevat liplek-lekker kos wat jy in ʼn japtrap kan berei sonder fieterjasies of vreemde bestanddele. Die resepte is in alledaagse taal geskryf vir elke kosliefhebber en vir alledaagse gebruik.

Oor die skrywer

Marinda Engelbrecht is by baie kinders en ouers bekend as “die tannie wat Vlooi op die verhoog gesit het”. Vlooi is die kinderteaterproduksie wat al langer as ʼn dekade groot vermaak aan jonk tot oud verskaf. Engelbrecht is ʼn voorslag in die kombuis en hou nie van vaal kos nie, selfs afval moet met ʼn bietjie kleur voorgesit word. Sy is aanbieder van die gewilde kosprogramme Maklik met Marinda en Laat die potte prut op VIA, DStv-kanaal 147.

Prys: R250,00*
*Prys onderworpe aan verandering
Koop die boek by Graffiti Boeke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.