Boek: Marius se merkwaardige medisyne

Marius-se-Merkwaardige-MedisyneRoald Dahl

Marius het ‘n nare ouma – ‘n klaerige ou ding wat hom nie wil uitlos nie. Sy is selfsugtig en lelik, sy haat kinders en soms maak sy hom so bang dat hy dink dat sy seker ‘n heks moet wees. Marius moet altyd sy ouma se medisyne onthou. Maar hy het spesiale planne vir haar elfuur-dosis – die soort onheilige planne wat net in ‘n Roald Dahl-storie kan uitbroei.

Nuwe uitgawes herdenk Roald Dahl se 100ste verjaardag in 2016.

Oor die outeur

Roald Dahl het geen bekendstelling nodig nie. Hy word beskou as een van die grootste kinderboekskrywers van alle tye. Sy spitsvondige styl en aweregse stories is na meer as dertig jaar steeds topverkopers. Van sy bekendste werke sluit in Charlie and the Chocolate Factory, Matilda en James and the Giant Peach.

Uitgewer: Human & Rousseau
Prys: R135.00*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.