Boek: Matriks

Matriks omslag

Joan Hambidge

Die digter se poging tot lewe-deur-poësie, tot skrywende sinmaak uit wat tans gebeur en gebeur het en die ewige wordingsproses van ‘n skrywerslewe kom in hierdie ryk bundel aan bod, met al die elemente wat aanhangers van ‘n Hambidge-bundel verwag: die verhouding met die ouers en familie, gesprekvoering met ander skrywers, liefdesverhoudings en hul eindes, reise na verre plekke en gedigte met beelde en bekende sterftes as vertrekpunt. En altyd ‘n flink digterlike reaksie op gebeure wat die tyvak ontwrig of ontstem, veral waar dit afskeid en aflegging behels.

Die digter:
Joan Hambidge is een van die bekendste literêre figure in Suid-Afrika. As kritikus en resensent skroom sy nie om in die letterkundige bokskryt te klim om haar oortuigeing te verdedig nie. Sy het al ‘n twintigstuks digbundels op haar kerfstok en verskeie romans. Sy is professor in Afrikaanse letterkuknde en kreatiewe skryfwerk aan die Universiteit van Kaapstad. In 2012 is haar bundel Visums by verstek met die ATKV-Woordveertjie vir Poësie bekroon.

Uitgewer: Human & Rousseau
Prys: R175-00*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.