Boek: ‘Meer as jou seerkry’ – Johannes de Villiers

Johannes de Villiers

Hoe gaan jy aan as jy beroof is van die lewe wat vir jou kosbaar was? Jy verloor jou werk, jou rykdom, jou gesondheid of jou metgesel; dit laat jou broos, woedend of neerslagtig.

Die insig wat Johannes de Villiers verkry het toe sy eie lewe uitmekaar geval het, is die inspirasie vir sy jongste boek, Meer as jou seerkry.

De Villiers gaan steek kers op by deskundiges en terapeute, maar ook veral by gewone mense wat deur die lewe platgevee is. Groei, vind hy, is nie om veerkragtig terug te bons na wie jy was voor dinge skeefgeloop het nie. Jy sal nooit weer dieselfde mens wees as voor die groot verlies of ramp nie. Maar jy kán dit oorleef – en selfs sterker wees.

Die roerende ware verhale van mense met wie De Villiers praat, wys dat pyn die saadjie kan wees vir iets kosbaars. Met die mindfulness-benadering wat hy hier deel, kan jy ook as ʼn nuwe, wyser en meer deernisvolle mens anderkant uitkom.

Oor die skrywer  

De Villiers is ʼn skrywer en meditasie-instrukteur, en hy bedryf ʼn jogaskool in Bloemfontein. Hy lei landwyd slypskole en naweekkursusse oor meditasie en mindfulness. De Villiers was jare lank joernalis by Huisgenoot, Rapport en Die Burger, en voorheen ook dosent in joernalistiek aan die Universiteit van Stellenbosch.

Prys: R290,00*
*Prys onderworpe aan verandering
Koop die boek by Graffiti Boeke  

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.