Boek: Megaboere

megaboere-wynand-dreyer

Wynand Dreyer

Megaboere, kykNET se gewilde reeks oor suksesvolle boere in Suid-Afrika, het kykers reeds vir twee seisoene vasgenael gehou, en ’n derde een is op pad. In hierdie boek neem Wynand Dreyer, vervaardiger van die reeks, en sy produksiespan jou na die plaaseienaars op wie die kollig tot dusver in die reekse geval het.

Hy bied nie net interessante profiele oor gevestigde en opkomende boere met uitsonderlike ondernemingsgees nie; hy probeer die suksesresep ontrafel wat hedendaagse boere in staat stel om die aarde op volhoubare wyse te benut. Of jy self aan die stuur van ’n boerderyonderneming staan en of jy bloot nostalgies voel oor jou voorgeslagte se geskiedenis wat op boereplase beslag gekry het, een ding is seker: jy sal verwonderd staan oor die kreatiwiteit en vernuf wat dit verg om Suid-Afrika se voedselmandjie vol te hou.

Volg vir Wynand op paaie wat lei tot die verste uithoeke van die land en ontdek die grondbeginsels wat van boere pro-aktiewe entrepreneurs en sakemanne met visie maak.

Gevestigde en voornemende boere sal aanklank vind by dié inspirerende boek. Die boek bied ook interessante insigte oor entrepreneurskap en sakevernuf en dek die suksesverhale van onder andere Jean Engelbrecht (Rust en Vrede), die Retiefs van Van Loveren-wynplaas en vele ander.

Oor die outeur:
Wynand Dreyer het as vervaardiger, regisseur en joernalis diep spore in die Suid-Afrikaanse film- en TV-bedryf getrap. Hy is eienaar van Khaki-produksies wat die Megaboere-reeks vir kykNET vervaardig.

Uitgewer: Penguin Random House
Prys: R250-00*
*Prys onderhewig aan verandering

Koop die boek by Graffiti Boeke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.