Boek: Meisies kan enige iets doen

Caryl Hart

Kyk om jou rond:
Meisies is oral. Net waar jy kyk,
is meisies wat almal verskillend lyk.
Hulle verstom en verras ons.
Hulle maak ʼn verskil.
En meisies kan enige iets
doen wat hul wil!

Meisies kan lang hare óf kort hare hê. Hulle kan aan enige soort sport deelneem. Hulle kan wiskunde en wetenskap doen, of hou van musiek en verf. Hulle kan lorries bestuur, by die polisie of die brandweer werk, slim dinge ontdek, en selfs die ruimte verken!

So, kom ons roep saam,
net so hard as ons wil:
“Ek’s ʼn MEISIE!
Ek’s FANTASTIES!
Ek maak ʼn verskil!”

Hierdie prettige, rymende prenteboek is die ideale manier om ʼn spesiale meisie in jou lewe van kleins af te leer dat sy enige iets kan doen en die wêreld kan verander!

Meisies kan enige iets doen is ʼn prenteboeke vir kleuters, met ʼn sterk fokus op die bemagtiging van meisies, geslagsgelykheid en vroueregte.

Oor die skrywer en illustreerder

Caryl Hart is ʼn bekroonde kinderboekskrywer wat in Derbyshire, Engeland, woon. Sy skryf prenteboeke en fiksie vir jong lesers en hou daarvan om met haar hond te gaan stap, in straatkafees te sit en snoesig in haar bed te lê. Sy bied gereeld werksessies in kreatiewe geletterdheid aan vir skole en biblioteke.

Ali Pye wou kinderboeke illustreer vir so lank as sy kan onthou. Sy het modekommunikasie aan Central St. Martins gestudeer en heelwat later haar MA in illustrasie aan die Universiteit van Kingston verwerf. Ali woon in Londen saam met haar man en twee kinders.

Uitgewer: Lapa Uitgewers
Prys: R130,00*
*Prys onderhewig aan verandering
Koop die boek by Graffiti Boeke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.