Boek: ‘Mieke’ – Mariël le Roux

Mariël le Roux

Mieke se lewe verander binne ʼn oogwink wanneer Boeta met sy koffer en ʼn sopnat klein katjie aan haar deur klop. Boeta, die desperate lomp vyftienjarige seun wat verstandelik gestremd is en opsluit sy pa soek. Hy weier om verder by sy ma en oom Voël te woon. Oom Voël is gemeen en raas met hom, en hy hou niks van oom Voël nie.

Teen haar beterwete nooi Mieke vir Boeta in haar huis en haar lewe. Sy het nie geweet van haar man se vorige verhouding óf sy kind nie. Hoe kan sy Boeta kwalik neem vir sy pa se vergrype as jongman? Buitendien, Boeta hou almal se harte in die holte van sy hand. Mieke leer dat die mense wat jy liefhet soms van jou vra om onmoontlik dapper te wees. Dat seerkry en heel word verskillende kante van ʼn munt is. En dat almal uiteindelik die koestering van huis en huismense nodig het.

Prys: R290,00*
*Prys onderworpe aan verandering
Koop die boek by Lapa Uitgewers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.