Boek: Min Shaw: Sprokie van ’n liefling

Shaun Andrew Mynhardt

“Sy bly nog steeds ná 50 jaar in die vermaaklikheidsbedryf ʼn nooi soos Min!” – André H. van Dyk

In hierdie pragboek word foto’s en memento’s uit Min Shaw se persoonlike fotoalbums en plakboeke opgeneem. Min se herinneringe aan haar kinderdae, haar transformasie van onderwyseres tot sang- en rolprentster, en die mense wat haar op haar pad na sukses gehelp het, word in haar eie woorde weergegee.

Min deel verder snaakse staaltjies uit haar verlede, skoonheidsgeheime en interessante “Min-feite”. Sy vertel hoe haar geloof haar positief en plat op die aarde hou. Boodskappe aan Min van bekendes soos Corlea Botha, Franz Marx, Lance James en Leon van Nierop word ook ingesluit.

Die boek is ʼn moet vir almal wat met Min Shaw se musiek grootgeword het of wat oor die algemeen belangstel in die Suid-Afrikaanse musiekbedryf.

Oor die outeur

Shaun Andrew Mynhardt is in Kaapstad gebore. Musiek en drama is in sy bloed, want hy is verlangs familie van die Suid-Afrikaanse akteur, wyle Siegfriedt Mynhardt. In 2012 is sy eerste boek, Gee haar ʼn roos – Die lewensverhaal van Cora Marie, gepubliseer.

Hy het vir 10 jaar in die korporatiewe wêreld gewerk, voordat hy in 2011 SM Entertainment gestig het waar hy as ʼn vermaaklikheidsbestuurder sy merk gemaak het. Onder sy maatskappy is groot produksies aangebied met van Suid-Afrika se grootste sangers, onder andere Min Shaw, Lance James, Clive Bruce, Tommy Dell, Cathy Viljoen, Manie Jackson, Jody Wayne, Tommy Oliver, Caroline du Preez, Riana van Wyk en Barneace Slabbert.

In 2015, ná ʼn vriendskap van 21 jaar, het Shaun en Min Shaw begin werk aan die opskryf van haar herinneringe en ná baie kuiers, laat aande se gesels en honderde telefoonoproepe tussen hierdie twee kunstenaars, is Min Shaw se boek uiteindelik reg om gepubliseer te word.

Uitgewer: Protea Boekhuis
Prys: R250,00*
*Prys onderhewig aan verandering
Koop die boek by Graffiti Boeke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.