Boek: Mnr Stink

Mnr-StinkDavid Walliams

Meneer Stink het gestink. Hy was die ene stank. Sy stank was so erg dat dit jou asem weggeslaan het. Hy was die stinkste superstankstinker wat nog ooit gelewe het.
’n Superstank is die ergste soort reuk. ’n Superstank is erger as ’n stank. En ’n stank is erger as ’n stankie. En ’n stankie is erger as ’n klankie. Maar ’n klankie is al genoeg om ’n mens jou neus te laat optrek.
Dit was nie meneer Stink se skuld dat hy gestink het nie. Hy was ná alles ’n boemelaar. Hy het nie ’n huis gehad nie en kon hom nêrens ordentlik was soos ek en jy elke dag doen nie.

Chloe is seker die eensaamste meisie in die wêreld. Maar toe ontmoet sy vir meneer Stink, die plaaslike boemelaar. Ja, hy ruik effens sleg – maar hy’s die enigste mens wat haar nog ooit ordentlik behandel het. En wanneer meneer Stink blyplek nodig het, besluit Chloe om hom in hulle tuinhuisie weg te steek!

Maar Chloe gaan leer dat party geheime ’n manier het om op ’n ramp af te stuur. En gepraat van geheime, daar steek dalk meer in meneer Stink as wat jy met die eerste neusoptrek sal agterkom …

Oor die outeur

David Walliams het die kinderboekwêreld stormenderhand verower. Tans is hy die grootste Britse kinderboekouteur wat die afgelope dekade gedebuteer het. Sy boeke het sover in 40 tale verskyn, en sal eersdaags ook in Afrikaans beskikbaar wees! Daar het reeds meer as 40 miljoen eksemplare in die Verenigde Koninkryk verkoop.

Uitgewer: Protea Boekhuis
Prys: R165.00*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.