Boek: Modedrama in ‘Elf dae in New York’

Elizabeth Wasserman

Frances en Helene, haar modeontwerperstiefma, gaan kuier by haar stiefsussie Amie in New York. Frances is mal oor die stad met sy groot park en asemrowende argitektuur. Maar sommer gou begin die moeilikheid. Sy luister per toeval ’n ontstellende gesprek af. Boonop word die twaalf balrokke wat Amie vir haar nuwe baas moet oppas, ontvoer!

Oor die skrywer

Elizabeth Wasserman is tans ’n patoloog in privaat praktyk en voorheen buitengewone professor in die afdeling geneeskundige mikrobiologie aan die Universiteit Stellenbosch. Sy is die skrywer van gewilde verhale soos die Speurhond Willem-, Dogtective William-, Anna Atoom-, en Elf dae-reekse. Wasserman woon saam met haar gesin in Welgedacht naby Kaapstad.

Ouderdom: 12 tot 14 jaar
Prys: R190,00*

*Prys onderworpe aan verandering
Koop die boek by NB-Uitgewers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.